skip to Main Content
24/7   082 413 5242
  SMS WS na 49491 dan bel ons terug *R1.50/sms.

Ondersteuning en leiding met empatie

Ons verstaan dat elke begrafnis uniek is, omdat elke persoon en elke familie se situasie uniek is

Kwaliteit begrafnisdienste

Wanneer ‘n geliefde tot sterwe kom, is dit teen hierdie dramatiese agtergrond wat die begrafnisondernemer intree. Grobbelaars Begrafnisdieste het ‘n slagspreuk vir die maatskappy ontwikkel wat die hoeksteen vorm van hul dienslewering naamlike medelye, deernis en professionaliteit.

Ons dien families met waardigheid en respek en verseker dmv ‘n kwaliteitsbeheersisteem dat elke begrafnis wat in ons sorg geplaas word, goeie herinneringe by die familie nalaat.

Biotree™ ashouers

Bio-afbreekbare ashouers wat jou geliefde se as in ’n boom verander

Getuienis van kliënte

Liewe Shireen en Trudie (PTA Oos Tak), in ons daaglikse lewe is dit so besig en hectic en baie keer stop ons nie of vat ons nie tyd om dankie te sê vir goed nie.

Ek wil net die geleentheid gebruik om presies dit te doen. In ons lewe vandag is diens en effektiewiteit woorde wat meestal ontbreek. Maar ek wil vandag vir jou(en die ander personeel) en Grobbelaars baie dankie sê vir wat jy vir ons familie gedoen het met die afsterwe van ons Pa.

Die deernis en hulp en ondersteuning van julle kant in moeilike tye was ongelooflik. Om nie te praat oor hoe goed julle diens was en hoe als “net gebeur het” aan julle kant – als het glad en effektief verloop en ons het nooit enige probleme gehad nie of niks was te veel gevra vir julle nie. In moeilike tye is dit wat n mens nodig het en julle organisasie is n ster en ons dank julle vir alles.

Steven Gamble

Liewe Joey (Riviera Tak) vir die uiters professionele, waardige, statigheid en uiterste styl waarmee jul Sannie se begrafnis hanteer het. Groot waardering vir jou, Joey.

Andre

Frieda (Centurion Tak), ons as familie wil vir jou ‘n groot dankie se vir die simpatieke en sorgsame wyse waarop jy ons Moeder se afsterwe hanteer het. Na ons eerste afspraak met jou, kon ons met geruste harte huistoe gaan met die wete dat my ma se laaste wense ten volle uitgevoer gaan word. Van ‘n stok ou polis tot die saal met die eetgoed en blomme.

Jy het ‘n ekstra 10 myl gestap om die doodsertifikaat uit te sorteer, veral met die komplikasies daaraan verbonde. Die berg wat ons voor ons gesien het, het jy met vaardigheid en empatie van ons skouers afgehaal.

Ons gaan Grobbelaars verseker aan almal aanbeveel.

Martie Koeman se familie

Shireen en Pierre, hiermee wil ons gesin baie dankie sê vir die professionaliteit en vriendelikheid waarmee Mnr Johann Wingard se begrafnis gereël is. Shireen was uiters voorbereid en professioneel tydens ons gesin se konsultasie met haar. Ons het nie onseker of bekommerd gevoel nie.

Pierre, die begrafnisondernemer, het gister by die roudiens die ekstra myl geloop om seker te maak alles is gereed. Hy was uiters respekvol en sensitief en ons het sy aanslag gister baie waardeer.

Die blommeruikers was pragtig en alles was soos bestel/gereël. Dankie dat niks te veel moeite was nie. Ons sal Grobbelaars Begrafnisdienste met vrymoedigheid aan ander aanbeveel.

Alet Uys

We would like to say a very special thank you to you and all your staff for the loving, caring manner you assisted us with everything after our beloved husband and father’s death. Words can’t express how very much we appreciate all your caring professionalism.

Evelyn Western and M. Buys

I would like to convey to you how pleased and satisfied Giuseppe and I was with the level of service and the professionalism that we received from Grobbelaars with the passing away of my late mother-in-law. From start to finish you are a very efficient company to do business with. We never felt manipulated or pressurized in any way, but rather like valued clients. The entire process was handled proactively, confidentially and thoroughly professional. Your attention to detail was much appreciated.

Reneé Carbonatto

Thank you so much for your personal help and compassion with the arrangements for my Mom’s funeral. From the beginning to the end everything was so perfect. Thank you for your attention to detail. Your staffs are the best ever and a great credit to your training and care. Grobbelaars Funerals are truly the best in the business. With my sincere thanks, appreciation and love.

Margaret

My moeder is op 2 April 2015 oorlede, tuis by ons. Haar begrafnispolisse was nie dié van Grobbelaars nie, maar van onafhanklike versekeraars. Ongeag was die afhaal van die liggaam professioneel en vinnig hanteer, en so ook al die reëlings daarna, wat deur Me Olive Roos gedoen was. Die diens wat Grobbelaars in hierdie moeilike tyd aan ons gelewer het was eenvoudig puik. Baie dankie.

Abrie Willemse

Everything, they are very professional from the removal of a loved one to assisting the family, making all of the arrangements, claiming of policies right through to the service. Couldn’t ask for better service anywhere!

Cindy Kruis

What a blessing to work with Elsabe and her team.

David Pretorius

They are better than the best.

Slapi Vermooten
Back To Top